Liedjieskrywer

Ek het nie moed gehad om haar te vra nie
Ek dink nie sy’t geweet dat ek bestaan nie
Maar ek't gesit en wag vir die regte liedjie

Sy wou nie kyk nie sy’t niks gesê nie
Ek konnie sien of sy my eers wil hê nie
Maar ek't gesit en wag vir die regte liedjie

Liedjie skrywer jy’s die ou
Jou song het ons begin en bymekaar gehou

Jy’t die woorde so reg uit my mond gevat
Toe sy dit hoor het sy dadelik verlief geraak
Moenie moenie ophou nie
Moenie moenie ophou nie

En op jou note jou wysie jou melodie
Het ons twee harte gesmelt saam in harmonie
Moenie moenie ophou nie
Moenie moenie ophou nie liedjie skrywer

Halsoorkop verlief wou ek haar vra
Of sy sal ja sê en dan my ring dra
En toe doen ek dit op die regte liedjie

Sy was beeldskoon in ‘n witrok
En ek hoor hoe lui daardie kerk klok
En toe stap sy in op die regte liedjie

Liedjie skrywer jy’s die ou
Jou song het ons begin en bymekaar gehou

Jy’t die woorde so reg uit my mond gevat
Toe sy dit hoor het sy dadelik verlief geraak
Moenie moenie ophou nie
Moenie moenie ophou nie

En op jou note jou wysie jou melodie
Het ons twee harte gesmelt saam in harmonie
Moenie moenie ophou nie
Moenie moenie ophou nie liedjie skrywer

Jy klou hier aan ons harte vas
Liedjie skrywer
Stywer aan ons lewens vas
En ons lag en ons huil en ons dans en ons sing saam met jou oh

Want jy’t die woorde so reg uit my mond gevat
Toe sy dit hoor het sy dadelik verlief geraak
Moenie moenie ophou nie
Moenie moenie ophou nie

En op jou note jou wysie jou melodie
Het ons twee harte gesmelt saam in harmonie
Moenie moenie ophou nie
Moenie moenie ophou nie liedjie skrywer

Músicas mais populares de Ray Dylan

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)