Hoe Sê Ek Vir Jou Goodbye
Kom ons wees van nou af goeie vriende
Jy’t my nooit gevra nie jy het my net gesê
Ons is jonk jy soek meer uit die lewe
En niks gaan jou agterhou nie eers ‘n hart wat bloei vir jou
Hoe sê ek vir jou goodbye vir nou?
As liefde soos ‘n vuur brand binne my
Voel jy die seer waarteen ek stry?
Hoe sê ek vir jou goodbye vir nou?
As als in my weet ons hoort by mekaar
Ek wou kastele vir jou bou
Kan ‘n mens jou hart begrawe?
Dis goodbye maar nie die einde
Want ek weet dat jy jou pad weer terug sal kry
Jy’t my nooit gesê dat jy soms twyfel
En dat jy smag na meer as liefde voor jou deur
Sal geluk jou vind as jy jou rug draai?
Op ‘n kans om voor te bou
Aan die droom van my en jou
Hoe sê ek vir jou goodbye vir nou?
As liefde soos ‘n vuur brand binne my
Voel jy die seer waarteen ek stry?
He sê ek vir jou goodbye vir nou?
As als in my weet ons hoort by mekaar
Ek wou kastele vir jou bou
Kan ‘n mens jou hart begrawe?
Dis goodbye maar nie die einde
Want ek weet dat jy jou pad weer terug sal kry
Ek weet dit is verby vir nou
Ek weet dit is nie al van jou
Ek weet dat ons twee altyd saam sal wees
Soos liefde deur die eeue staan
Sal hierdie hart vir jou aangaan
Ek sal vir jou vir altyd liefde gee
Kan ‘n mens jou hart begrawe?
Dis goodbye maar nie die einde
En ek weet dat jy jou pad weer terug sal kry
Hoe sê ek vir jou goodbye vir nou?
As liefde soos ‘n vuur brand binne my
Voel jy die seer waarteen ek stry?
Hoe sê ek vir jou goodbye vir nou?
As als in my weet ons hoort by mekaar
Ek wou kastele vir jou bou
Kan ‘n mens jou hart begrawe?
Dis goodbye maar nie die einde
Want ek weet dat jy jou pad weer terug sal kry