Ek Het Jou Nodig

Die maan gooi klippe om my hart vanaand
Dis donker hier en net 'n straatlig brand, jou woorde
Waai om my

Ek dwaal en ek soek 'n bietjie hoop vanaand
Die koue nag vat my aan my linkerhand, jou warmte
Weg van my

Die reuk van die reën op die teerpad praat van smeek en trane
Van hoogverraad ek voel jou
Rondom my

As alles net weer reg en heel kon wees as jy my kon vergewe of my siel kon lees
Ek voel jou, naby my
Glo jy regtig ons liefde is verby?

Ek het jou nodig
Ek het jou lief
Ek skryf die woorde
In hierdie brief

Ek stuur 'n sein uit
En ek hoop jy weet
Dat ek jou nooit sal vergeet

Ek het jou nodig
Ek het jou lief
Ek skryf die woorde
In hierdie brief

Ek stuur 'n sein uit
En ek hoop jy weet
Dat ek jou nooit sal vergeet

Om terug te keer na 'n doodloopstraat
Om dinge te sê wat jou seer sal maak, my woorde
Draai om my

Jou arms om my lyf en jy soen my weer
Sou jy my kon liefhê vir die laaste keer, jou asem
Naby my

Die reuk van die reën op die teerpad praat van smeek en trane
Van hoogverraad ek voel jou
Rondom my

As alles net weer reg en heel kon wees as jy my kon vergewe of my siel kon lees
Ek voel jou, naby my
Glo jy regtig ons liefde is verby?

Ek het jou nodig
Ek het jou lief
Ek skryf die woorde
In hierdie brief

Ek stuur 'n sein uit
En ek hoop jy weet
Dat ek jou nooit sal vergeet

Ek het jou nodig
Ek het jou lief
Ek skryf vir jou die woorde (In hierdie brief)

Ek stuur 'n sein uit
En ek hoop jy weet
Dat ek jou nooit sal vergeet

Ek het jou nodig
Ek het jou lief
Ek skryf die woorde
In hierdie brief

Ek stuur 'n sein uit
En ek hoop jy weet
Dat ek jou nooit sal vergeet

Ek kan jou nooit vergeet
Ek sal jou nooit vergeet
Ek kan jou nooit vergeet
Ek het jou nodig

Curiosidades sobre a música Ek Het Jou Nodig de Ray Dylan

Quando a música “Ek Het Jou Nodig” foi lançada por Ray Dylan?
A música Ek Het Jou Nodig foi lançada em 2008, no álbum “Breek Die Ys”.

Músicas mais populares de Ray Dylan

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)