Dis Nooit Te Laat Nie

Hoe staan ‘n mens weer op na ‘n harde val?
Na hoeveel duisend trane breek die dam se wal?
Hoeveel harte sink na die bodem en verdrink?

Maak dit saak wie reg is en wie is verkeerd?
Maak dit saak wie stilbly of die hardste skree?
Het die tyd gekom om trots in jou sak te steek?

Daar was nagte wat ons dwarsdeur saam
Dwarsdeur saam kon lag
Nou lê ons wakker vir die sonopkoms
Die sonopkoms en wag

Dis nooit te laat
Om vergifnis te vra nie en weer te praat
Oor al die dinge wat nog vir ons saakmaak
Mekaar heelmaak dis nooit te laat

Al val ‘n duisend skadus en ons voel gebreek
Sal die mooiste van mekaar die waarheid spreek
Want winde bring in droogte ook die reën

Daar was nagte wat ons dwarsdeur saam
Dwarsdeur saam kon lag
Nou lê ons wakker vir die sonopkoms
Die sonopkoms en wag

Dis nooit te laat
Om vergifnis te vra nie en weer te praat
Oor al die dinge wat nog vir ons saakmaak
Mekaar heelmaak dis nooit te laat

Dis nooit te laat
Om vergifnis te vra nie en weer te praat
Oor al die dinge wat nog vir ons saakmaak
Mekaar heelmaak

Dis nooit te laat
Om vergifnis te vra nie en weer te praat
Oor al die dinge wat nog vir ons saakmaak
Mekaar heelmaak dis nooit te laat

Músicas mais populares de Ray Dylan

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)