Weerligstraal

ROUXAN CLOETE, WILLIAM LOOTS

Nog altyd geweet daar's 'n vrou wat weet hoe om 'n harde man soos ek
Se knieë, kop en skouers lam te maak
Nog altyd geweet daar's 'n kans dat ons eendag weer by mekaar sal kom
En dan sal alles sin maak

Maar die tyd stap aan en ek wonder
Ek wonder waar jy is?
En het jy al lankal verby geloop?
Het jy van my vergeet?

En dit tref my soos 'n weerligstraal
Jy's die vrou wat my hart kom haal
Ek het so lank gesoek na jou

En dit tref my soos 'n weerligstraal
Wou nog altyd in jou oë verdwaal
Ek wou nog altyd vir jou sê, jy's als wat ek wil hê vir ewig en altyd
Vir ewig

Nog altyd geweet dat ek jou sal kry op 'n plek waar ons by mekaar sal bly
Die wind, die weer, die storms, dit alles kan maar kom

Maar die tyd stap aan en ek wonder
Ek wonder waar jy is?
En het jy al lankal verby geloop?
Het jy van my vergeet?

En dit tref my soos 'n weerligstraal
Jy's die vrou wat my hart kom haal
Ek het so lank gesoek na jou

En dit tref my soos 'n weerligstraal
Wou nog altyd in jou oë verdwaal
Ek wou nog altyd vir jou sê, jy's als wat ek wil hê vir ewig en altyd

Ek dink nog altyd net aan jou, jy is gemaak om my met alles vas te hou
Ek dink nog altyd net aan jou, jy is die droom wat waar geword het, hier in my

En dit tref my soos 'n weerligstraal
Wou nog altyd in jou oë verdwaal
Ek wou nog altyd vir jou sê, jy's als wat ek wil hê vir ewig en altyd
En dit tref my soos 'n weerligstraal

Músicas mais populares de Pieter Koen

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)