Vroegaand
Babs Pretorius, Harry Pease, Larry Vincent
Die donker glip uit die berge se skeure
Vroegaand grysheid sprei ook oor my hart
Hierdie uur is daar net verbleikte kleure
Deur die venster is alles reeds swart
Die vroegaand laat my na die ver verte skuur
Want jy bring die donker om my heen
Ek trek gordyne toe van vroeëaand ure
Bring verlang, bring die vroegaand se alleen
Jy was daar buite met vroegaand se grysheid
Maar gordyne het jou beeld mos verjaar
Was daar hoop of waar vind ek tog wysheid
Om onthul permanente laat vervaar
Want vroegaand hier binne
Is wat die heimwee bring
Jy is in hierdie kamer om my heen
Want jy's in heldergeel aandlug se kringe
Vroegaand bring my altyd groot alleen