Iemand Om Lief Te Hê

Ek sal omdraai en weet
Dat jy alles sal gee
Om weer liefde te voel te verstaan en bedoel

Elke woord wat ek vir jou sê
Klein dinge wat my hart wil hê
Emosies wat ek diep
Binne my het

Elke dag raak net erger
Die gevoel in my sterker
Jy voel so reg maar tog so verkeerd

Jy verstaan my gevoelens
Ek het geen bybedoelings
Daar is geen rëelboek
Vir liefde geen wet

Ons almal kort net iemand om lief te hê
Iemand wat net vir jou sê
Ek het jou broodnodig
Al raak dit soms oorbodig
Kort ons iemand om lief te hê

Ek voel die ritme in jou
Voel jy ook dit in my?
Soos een mens dans ons die aand en ure verby
Hou my vas moenie laat gaan nie
Al kan niemand ons verstaan nie
Moet jy weet ek bly net hier

Ons beweeg soos die gety
Van die see in en uit
Daar is min wat kan beskryf hoe ek jou lief het my lyf
Daar is iets in die aandlig
Ek glimlag soos ek terug dink
Jy het my gered voor ek kon sink

Ons almal kort net iemand om lief te hê
Iemand wat net vir jou sê
Ek het jou broodnodig
Al raak dit soms oorbodig
Kort ons iemand om lief te hê

Iemand om lief te hê
Iemand wat net vir jou sê
Ek het jou broodnodig
Al raak dit soms oorbodig
Kort ons iemand om lief te hê

Jy slaan die wind terug in my seile
By jou voel ek weer veilig
Want hier is dit net ek en jy

Ons almal kort net iemand om lief te hê
Iemand wat net vir jou sê
Ek het jou broodnodig
Al raak dit soms oorbodig
Kort ons iemand om lief te hê

Iemand om lief te hê
Iemand wat net vir jou sê
Ek het jou broodnodig
Al raak dit soms oorbodig
Kort ons iemand om lief te hê

Músicas mais populares de Lianie May

Outros artistas de Country pop