50 Goue Jare

Die lewe gaan gou verby
In 'n oomblik vir jou en my
Ek sien in jou helder oë die sterre wat dans

My hart is so bly
Daar's vrede in my
50 goue jare het verby gegaan

Een is die silwer see
Die liefde wat jy my gee
Twee is die kronkelpad waar die lewe loop

Drie is die duur
Van die vlamme, die vuur
50 goue jare het verby gegaan

Die uurglas van die tyd
Bly knipoog steeds vir my
Jou roepstem my weerklink al gaan jare verby

Jy bly in beheer
Van die soet en die seer
50 goue jare het verby gegaan

Seisoene bly kom en gaan
Ag wie kan dit tog verstaan?
En wie ken die groot geheim van die nuwe maan

Maar as ons bly glo
Draai die wiel weer na bo
50 goue jare het verby gegaan

Ligte gaan af en aan
'n Klok in sy toring slaan
Die lewe die gaan maar weer sy gewone gang

Sonder 'n woord
Is ons somer oor
50 goue jare het verby gegaan

Een is die silwer see (Een is die silwer see)
Die lewe wat neem en gee (Die lewe wat neem en gee)
Twee is die eensaam pad waar die liefde loop

Drie is die uur
Van die vlamme, die vuur
50 goue jare het verby gegaan

Een is die silwer see (Een is die silwer see)
Die liefde wat jy my gee (Die liefde wat jy my gee)
Twee is die kronkelpad waar die lewe loop

En drie is die duur
Van die vlamme, die vuur
Wonderlike jare het verby gegaan

Músicas mais populares de Lance James

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)