Townships Van Die Hart

Ons is die squatters van die land
Ons is die ware armes want
Agter skanse van beton en glas gekluister aan ons tv's vas

Woon ons tussen golf estates
Betaal die hoogste hoogste rates terwyl on siele steeds kripeer
Al weet niemand wat makeer

Ons is die wagters op die mure
Wat waak oor Jericho
Ons verwyl ons laaste ure in die nanag bitter koud

Ons gesigte toon geen teken
Van ons eensaamheid en smart
Ons kruip weg tussen die skaduwees en die townships van die hart
Ons kruip weg tussen die skaduwees en die townships van die hart

Ons is beskaafd, ons is verslaaf, ons is so oulik en so gaaf
Maar die prys wat ons betaal is duur vir elke virtuele gier
Ons sien nooit julle huise nie
Kom nooit in julle kombuise nie
Dis ons wat in die skemer sit en agter tralies bid

Ons vier ons erfenis en kultuur
Met De la Rey en samesang
Maar eintlik is ons stokalleen en almal vir die donker bang

Ons bou ons lugkastele
Buite wit en binne swart
Ons is verdwaalde kinders in die townships van die hart
Ons is verdwaalde kinders in die townships van die hart

Ons haat mekaar, ons haat onsself, vervreemd van kroos en wederhelf
Ons lees koerante met ontbyt oor die vloek van 48
Ons denke blank en Europees
Maar dis ons eie skaduwees wat om ons huise dryg en sluip
Dis ons wat raas en suip

Ons is die wagters op die mure
Maar ons is halfpad aan die slaap
Terwyl die winde van verandering waai van hier tot in die Kaap
Ons is die mense sonder hoop, sonder troos en so verward
Ons leef onder die broodlyn in die townships van die hart
Ons leef onder die broodlyn in die townships van die hart

Curiosidades sobre a música Townships Van Die Hart de Koos Kombuis

Quando a música “Townships Van Die Hart” foi lançada por Koos Kombuis?
A música Townships Van Die Hart foi lançada em 2012, no álbum “Dertien”.

Músicas mais populares de Koos Kombuis

Outros artistas de