Nieu-Bethesda
Ek was so moeg van soek en swerf maar nou's ek eindelik terug
Nieu-Bethesda in die Groot Karoo, stof strate en blou lug
Hierdie plek van roes en vrede het my eindelik terug geroep
Ek skop my rondloop skoene uit, sit kaalvoet op die stoep
(Nieu-Bethesda) Nieu-Bethesda waar die lammers loop, plek van heling, plek van hoop
Streling vir my dom gemoed en alle naam so soet
Soggens drink ek koffie en kyk uit oor wit gekalkte mure
Langs elke straat 'n wilgerboom, ou ploeë wat rus teen skure
Daar's 'n dynsigheid ver oor die veld, hoor jy die perde se gallop
By die leivoor stap ons hand aan hand, hier kom 'n donkiekar
Passop
Nieu-Bethesda waar die kerkklok lui, want die dag se werk is als verby (Nieu-Bethesda)
Hier is soveel stilte hier, diep onder vloei 'n swart rivier (Hier)
As die volmaan opkom oor die berg hoor ek 'n rielkitaar
Dis die dorp se eie musiekant daar voor die alle mans se bar
Die dae gaan sorgeloos verby, niks verlore, niks te wen
Die rat race is verby vir my want hier word ek geken
Nieu-Bethesda waar die son nog brand oor berg en klippe, rots en sand (Nieu-Bethesda)
En elke engel roep na bo tussen die uile van die Groot Karoo