My Apologie

Ek was die clown in julle kerkdiens
Die pastorie se punk
Ek het gekots in die kollektebord
En wie moet ons bedank?

Ek het rumoer in julle sitkamer
Ek het die skinkbord omgekeer
Ek het die konsistorie swart geverf
Dit was my favourite kleur

Al my vriende was so mal soos ek
Hulle het hulle wangedra
Hulle was die vlieë in die salf
Van jong Suid-Afrika

Maar as ek dalk nog oor iets spyt is
By hierdie afgebreekte monument
Dan wil ek sê ek is jammer
Dat alles so moes end

Maar niemand het geweet
Hoe eensaam ons gevoel het nie
En niemand het besef hoe baie moeite was die anargie
Ons woede was soos die masker van ‘n boere generaal
Die oorlog was ons erns
Maar iewers diep het ons geweet ons sal eendag die gelag moet help betaal

Berou kom soms te laat
Maar ek konnie wag tot tagtig nie
As ek dit alles oor kon doen
Dan sou ek darem wragtig nie
Dieselfde stupid foute maak op dieselfde ou manier
Al moet ek ter versagting sê, my rug was teen die muur

Maar ek’s so jammer oor die mense
Wat ek weggegooi het langs die pad
Die kinders en die kunstenaars wat saam met my daai drugs wou vat

Al die harte wat gedamage is in die spervuur van ons cause
Ek wens ek kon dit regmaak
Ek wens ek kon die knoppie druk
Vir pause

Maar niemand het geweet
Hoe eensaam ek gevoel het nie
En niemand het besef hoe baie moeite was die anargie
My woede was soos die masker
Van ‘n boere generaal
Maar iewers diep het ek geweet ek sal eendag
Die gelag moet help betaal

Curiosidades sobre a música My Apologie de Koos Kombuis

Quando a música “My Apologie” foi lançada por Koos Kombuis?
A música My Apologie foi lançada em 2002, no álbum “Equilibrium”.

Músicas mais populares de Koos Kombuis

Outros artistas de