Kerke Van Die Nag

Dis 'n duisend myl na êrens
'n Woestyn vol roet en sand
Dis 'n kronkelpad na nêrens
Want ons soek nog die beloofde land

Wat maak ons in hierdie dorsland
Wat glo mens in die hel?
Vir wie kan ons om hulp vra
Watter lifeline kan ons bel?

Het julle my lied gehoor
Ek speel die note sag
Het julle my lied gehoor
Ek speel die note sag
Maar julle offer steeds vir mammon
In die kerke van die nag

Wat is die reëls van julle godsdiens
Wat is die wette van julle Kanaan?
Is daar niemand wat wil luister?
Is daar geen een wat verstaan?

Daar brand 'n lig daar voor
Ek sien dit flikker in die ruit
'n Kruis gehul in vlamme
Met die deure dig gesluit

Daar's 'n geraamte by die grenspos wat op ons sente wag
'n Geraamte by die grenspos wat op ons sente wag

Dat die losprys tog so duur moet wees
In die kerke van die nag
In die kerke van die nag

Wie staan daar by die altaar
Wie se sukkels hoor ek rol?
Die heidenne lei honger en die christene is vol

My bene is al moeg van loop
Die pad was lank en swaar
Is daar 'n herberg op die roete tussen Gemorra en De Aar?

Op hierdie vreemde vreemde vlakte
Op hierdie godverlate dag
Op hierdie vreemde vreemde vlakte
Op hierdie godverlate dag
Lees ek jou waansin in graffiti
Teen die kerke van die nag
Teen die kerke van die nag

Wie weier ons nog toegang?
Wie het ons jeug verkrag?
Ons hoop vergeefs op deurnis in die kerke van die nag
Die blindes lei die blindes, die dowes weier om te lag
Hoe lank moet ons nog vas en vrees in die kerke van die nag?

Het julle my lied gehoor
Ek speel die note sag
Het julle my lied gehoor
Ek speel die note sag
Maar julle offer steeds vir mammon
In die kerke van die nag
In die kerke van die nag

Hoe lank moet ons nog smeek en vra
Hoekom het julle ons verag?
Hoe lank moet ons nog weg kwyn in die kerke van die nag?
Maar julle offer steeds vir mammon
In die kerke van die nag

Curiosidades sobre a música Kerke Van Die Nag de Koos Kombuis

Quando a música “Kerke Van Die Nag” foi lançada por Koos Kombuis?
A música Kerke Van Die Nag foi lançada em 2002, no álbum “Equilibrium”.

Músicas mais populares de Koos Kombuis

Outros artistas de