Kaalvoet Oor Die Drakensberge

ANDRE LE ROUX DU TOIT

Ons is moeg vir die ou Kolonie, ons trek nou oor die grens
Met die wakis vol polonie, putupap in elke pens

Sanna oor die skouer, Bybel op die skoot
Hokaai Voorslag, kom nou Bles, vlug weg vir Engelsman en Jood

Piekniek by Dingaan, ja kaart en transport vir Piet Retief
Gee pad voor, hier kom ons aan, Chaka jy's 'n hoenderdief

Biltong en soutvleis, kruie en speserye
Tant Siena by die huis sorg vir die blomme, die blomme, die blomme en die bye

Kaalvoet oor die Drakensberg, kaalvoet in ons lief en leed
Kaalvoet oor die Drakensberg, ek het my tekkies by die huis vergeet

Soap operas by Weenen, onrusverslae bly Bloukrans
Potgieter die moer in, hy vloek Zulu's in Afrikaans

Dis die land van melk en heuning, ver weg die blou, blou see
Slaan net pa se tentpen in, hou nagwaak teen die ANC

Kaalvoet oor die Drakensberg, kaalvoet in ons lief en leed
Kaalvoet oor die Drakensberg, ek het my tekkies by die huis vergeet

Party bly kyk na die noorde en stig die dorp Pretoria
Anders speel met woorde of sterf van anorexia

Hier is die land van Waveren, hier sal die Here ons behoed
Kaalvoet oor die Drakensberg, Suid-Afrika met sweet en bloed

Kaalvoet oor die Drakensberg, kaalvoet in ons lief en leed
Kaalvoet oor die Drakensberg
Ek het my tekkies by die huis vergeet

Curiosidades sobre a música Kaalvoet Oor Die Drakensberge de Koos Kombuis

De quem é a composição da música “Kaalvoet Oor Die Drakensberge” de Koos Kombuis?
A música “Kaalvoet Oor Die Drakensberge” de Koos Kombuis foi composta por ANDRE LE ROUX DU TOIT.

Músicas mais populares de Koos Kombuis

Outros artistas de