Ek Wil Net Huistoe Gaan
Ek het genoeg gely, ek het mos swaar gekry
In hierdie yster plek, want hier is almal gek
Ek wil net huistoe gaan
Onder die bitter maan
Agter die eindes ver daar waar die bokke blêr
Na die boereplaas want dis my kop wat raas
Ek wil net huistoe gaan
Ek wil net huistoe gaan
Ek is te lank in die stad, ek wil die langpad vat
Ek verlang na jou in die ou hemel blou
Ek wil net huistoe gaan
Onder die rieldans maan
In 'n watersloot wil ek kaalvoet loop
Daar waar die grensdraad sing, dis mos die beste ding
Ek wil net huistoe gaan
Ek wil net huistoe gaan
En die windpomp draai
En die windjie waai
En die hane kraai
En die boere saai
En die lammers wei
En die trekkers ry
En die boervrou brei aan die boer se trui
Ek is so moeg van die stres, ek is nou oud en bles
Nou wil ek ophou werk en my das uittrek
Ek wil net huistoe gaan
Daar langs die akkerlaan
In hierdie donker land het ek geen toekoms plan
En die neon skyn deur my siel se pyn
Ek wil net huistoe gaan
Ek wil net huistoe gaan
Ja, na die boereplaas want dis my kop wat raas
Daar wil ek staan onder die rieldans maan
Ek wil net huistoe gaan
Ek wil net huistoe gaan
Ek wil net huistoe gaan
Ek wil net huistoe gaan