Verandering
Wanneer al die mense huise het
Wanneer al die huise dakke het
Wanneer al die dakke teels op het
En elkeen slaap in sy eie bed
Wanneer Trevor genoeg van my geld gevat het
En daar iemand nice is in die Kabinet
En jy ophou om my te label
En ek ophou worry oor wat jy dink
Sal almal dan kan happy wees
En ophou om te kla
Sal almal dan ok kan wees sonder retoriese vrae
Wanneer dokters ophou immigreer
En mens by shopping centers verniet kan parkeer
En die bokke bietjie harder probeer
En Bafana Bafana ophou hanna hanna
Wanneer siektes weer genees kan word
En kindertjies net liefde kort
En mense weer wil glo in God
En ons vakansie hou by Vic Falls
Sal almal dan kan happy wees
En ophou om te kla
Sal almal dan ok kan wees sonder retoriese vrae
You can stand up be counted
Stop feeling surrounded
By the colour of your self esteem
And the mirrors of your broken dreams
Ek glo in verandering
Ek glo in verandering
Oh ek glo in verandering
So kyk uit vir jouself my ding
Wannner ons weer in die stad kan loop
En die kugel in Hillbrow klere kan koop
En daar weer ‘n nice club in Jo'burg is
En ons ophou om die oues te mis
Wanneer drug dealers new kop toe trek
En die Rand Dollar rate weer versterk
En almal een dag saam kan werk
Saam kan werk en saam kan sing
Sal almal dan kan happy wees
En ophou om te kla
Sal almal dan ok kan wees sonder retoriese vrae
You can stand up be counted
Stop feeling surrounded
By the colour of your self esteem
And the mirrors of your broken dreams
Ek glo in verandering
Ek glo in verandering
Oh ek glo in verandering
So kyk uit vir jouself en
Stand up be counted
Stop feeling surrounded