Sweef Soos 'n Arend [Live]

Sag
Sag blink jou oë
Uit jou gesig
Vloei liefdeslig
Knus
Knus in jou arm
Heilig
Veilig
Warm

Ek het jou nodig
Hier by my heeldag
Die wêreld oorbodig
Ons twee 'n taakmag
Niks kan ons keer
Hy's in beheer
Hy's ons weerman, stuurman, leidsman

Sweef soos 'n arend (Sweef soos 'n arend)
My liefde dra jou so hoog
Hoog bo die son
Sweef soos 'n arend (Sweef soos 'n arend)
So vêr soos die wind waai my lief
Is liefde se mag

Sprei
Sprei maar jou vlerke
Daar is 'n band
Van hand na hand
Maak
Maak my jou toevlug
Roep my
Soek my
Spoedig

Saam's ons alles
Leef ons uitbundig
En dit wat bedoel is
Gee ons ons beste
Niks kan ons keer
Hy's in beheer
Hy's ons weerman, stuurman, leidsman

Sweef soos 'n arend (Sweef soos 'n arend)
Want my liefde dra jou so hoog
Hoog bo die son
Sweef soos 'n arend (Sweef soos 'n arend)
So vêr soos die wind waai my lief
Is liefde se mag
Is liefde se mag (Is liefde se mag)
Liefde se mag
Is liefde se mag

Sweef soos 'n arend (Sweef soos 'n arend)
My liefde dra jou
Hoog bo die son
Hoog bo die son

Sweef soos 'n arend
So vêr soos as die wind waai my lief
Dis liefde se mag

Músicas mais populares de Karen Zoid

Outros artistas de Pop rock