Sien Jou Weer
O sê net weer
Al die liefde so getrou gesweer
Kamma, kamma
Behandel my soos 'n weggooi kind
Maar ek is nie jou vaaljapie nie
Ek loop baie saam met die nag
En die wind en spoke het ek al baie gesien
Maar ek wag nog
Kyk na die langpad
Roep my nou maar weer, daar is genade en liefde
En nog baie meer
Kyk nog 'n somer, alweer weggegaan en al wat jy doen
Ek sê maar niks, laat dit met jou goed gaan
Sien jou weer
Daar's 'n kamer met vier mure
En geen son
Wie is die duiwel?
Wie sal die liefde kom red?
Lewe dan maar soos jy wil
Want jy sal altyd laaste lag
Ek hoor sirenes iewers in die nag
En ek wonder wat dit was?
Kyk nou die langpad
Roep my nou maar weer, daar is genade en liefde
En nog baie meer
Kyk nog 'n somer alweer weggegaan en al wat jy doen
Ek sê maar niks, laat dit met jou goed gaan
Sien jou weer
Oe sê net weer
Al die liefde so getrou gesweer
Kyk nou die langpad
Roep my nou maar weer, daar is genade en liefde
En nog baie meer
Kyk nog 'n somer alweer weggegaan en al wat jy doen
Sien jou weer