Byeboerwa [Live]

1891, Perlgrimrus, toe byeboer uit die bed opstaan
Hy't vas besluit hy trek hier uit, want hy wil na die stiltes gaan
En hy pak sy wa
Sy ossewa byeboerwa
Sy tent en sy donkie saam
En hy kom op die grootpad aan

Rondom Graskop, daar loop sy spoor tussen Sabie en Malieveld
By die Krokodilpoortberg trek hy oor en hy kom tot op Barberton

Die wiele rol
Sy ossewa byeboerwa
Sy kakebeen byeboerwa
Kan die swaar vrag net net dra

Die byeboer, byeboer, byeboerwa
Blom in die hare en bye wat pla
Op sy ossewa, ossewa byeboerwa
Blom in die hare en bye wat pla

1893, span hy uit en maak 'n hartbeeshuisie staan
Lebomboberge kon hom nie stuit
By die Limpopo geil sy graan
En daar staan sy wa
Sy ossewa byeboerwa
En sy hart is bly en vry
Met die stiltes aan sy sy

Die byeboer, byeboer, byeboerwa
'n Blom in die hare en bye wat pla
Op sy ossewa, ossewa byeboerwa
Blom in die hare en bye wat pla

1930, hy's afgeleef en byeboer vol stokalleen
Hy mis die jolyt van Pelgrimsrus
En vryf so oor sy kakebeen
Maar in 1930 Pelgrimsrus is die dorp se gees geblus
Dis 'n spookdorp
Wat in stilte wurg
Al wat oorbly is Johannesburg

En daar trek sy wa
Sy ossewa byeboerwa
Sy tent, en sy donkies saam
En hy kom op die grootpad aan

Die byeboer, byeboer, byeboerwa
Blom in die hare en bye wat pla
Op sy ossewa, ossewa byeboerwa
Blom in die hare en bye wat pla
Byeboer
Byeboer
Byeboerwa

Músicas mais populares de Karen Zoid

Outros artistas de Pop rock