As Musiek begin Speel

Hulle sê ons moet glo
Net soos die kinders
So is hierdie lewe, dan net vir beginners?
Seuntjies word manne
En gaan sit dan in ‘n kroeg
En lyk moeg

My seun, jy moet luister as ek vir jou sê
Jy gaan eendag moet veg
Met als wat jy het
Soms gaan jy voel
Wat is die doel?
Genoeg
Is genoeg

Ek wil hê jy moet saamsing as musiek begin speel
En dans in
Die somer se reën
En soek vir die reënboog langs die pad
My skat

Hardloop in die see in
Met jou jeans aan
Kyk uit vir 'n meermin
En deel in gesprekke oor al die mooi plekke
Langs die kus
Bly bewus
Van jouself

Net nie te veel nie
Ook nie te min nie
Maar net nie te veel nie

Ek wil hê jy moet saam sing
As musiek begin speel
En dans in
Die somer se reën
En soek vir die reënboog
Langs die pad
My skat

En as jy ooit voel
Die lewe is net een groot gesuffer
Reik jou hande uit
En help 'n ander
Met minder
As jy

Gaan maak iemand bly
Want dan sal jy

Altyd kan saam sing
As die musiek begin speel
En dans in
Die somer se reën
En soek vir die reënboog
Langs die pad
My skat

Hardloop in die see in
Met jou jeans aan
Kyk uit vir 'n meermin
En as jy haar vind
Is ek bly my kind
Want ek weet
Twee dromers
Is beter as een

Wil hê jy moet saamsing
Ek wil hê jy moet saamsing
Ek wil hê jy moet saamsing, my kind

Músicas mais populares de Karen Zoid

Outros artistas de Pop rock