Niemand Is Tuis

Hierdie huis is so vol mense
Maar niemand is tuis
Onder een dak maar afwesig
Met hul harte ver op reis

Soekend na ‘n tuiste
Na identiteit en rus
Waar daar ware vrede en liefde is

Niemand is tuis, kyk net daardie man en vrou het niks meer om te sê
Niemand is tuis, kyk net na die kindertjies wat net wil liefde hê
As hul tog net ‘n bietjie tyd bestuur
Meer aandag aan mekaar wil gee, sal vreugde in hul saam-wees begin wys
Niemand voel tuis

Hierdie wêreld is vol mense
Maar niemand is tuis
Waarom is dit so moeilik om net liefde te bewys?
In oorbevolkde strate skuur ons skouers elke dag
Maar desperaat en eensaam bly ons wakker in die nag

Niemand is tuis, kyk net daardie man en vrou het niks meer om te sê
Niemand is tuis, kyk net na die kindertjies wat net wil liefde hê
As hul tog net ‘n bietjie tyd bestuur
Meer liefde aan mekaar wil gee, sal vreugde in hul saam-wees begin wys
Niemand voel tuis

(Pappie kom speel saam met my, asseblief Pappie)

Hierdie huis is so vol mense (Niemand is tuis nie)

Músicas mais populares de Jan de Wet

Outros artistas de