Kom Na My S.A.

Luister sonskyn land
Ek wil jou seën, genees
Reënboog nasie land
Maar ook ‘n land vol haat, verkragting, moord en vrees

Geweld vlooi soos riviere
Honde lek jou bloed in die nag
Agter grendels en mure leef jy
In angs elke dag

O kom na My Suid Afrika
En ek sal jou genees
Neem heling uit My wonde aan
Vir jou stryd, jou seer en jou vrees

Land laat skyn jou lig
Vir jou het hoop gekom
Doen jy maar net My wil
En jou herstel sal deurbreek soos die helder son

Rus en wysheid sal jou regeer
En vrede sal om jou vou
En nasies sal jou as die land verheu
Wat uit die pyn ‘n toekoms bou

O kom na My Suid Afrika
En ek sal jou genees
Laat heling uit My wonde vloei
Vir jou pyn, jou stryd en vrees

O kom na my Suid Afrika
Ek wil jou pyn genees
Ek wil My arms om jou vou
Sodat jy weer heel kan wees
Ek wil jou so graag genees

Músicas mais populares de Jan de Wet

Outros artistas de