Gideon

Vir sewe jaar onderdruk
En die vernedering
Van ‘n vreemde volk se juk
En ons eie krag so min

Want Mediaan was arrogant
En groot en sterk van mag
En Israel was so leierloos met min hoop en min krag

'n Engel van die Here het toe by my kom staan
By my die seun van Joas
Gideon is my naam

Die engel sê toe wees gegroet
Jy is ‘n dapper held
Maar ek antwoord hom
Meneer ek is maar net ‘n boer hier in die veld

Ek was maar ‘n gewone man wat by die passkuif staan
Maar daar het God my bevel gegee gaan voor my leeraar
Maar ek was skepties en vol vra, toe gooi ek die skaapvel neer

Ek was onseker ek het selfs gekla
Maar toe stuur God my weer
Gaan kies vir jou driehonderd man teen die mag van Mediaan
Kyk Ek is met jou elke dag, so trek uit in My krag

Ek was maar net ‘n gewone man en tog het ek gegaan
Want God het gesê dat ons kan wen as ons uitrek in Sy naam
En toe het God verwarring in die vyand se kamp gegee
Toe ons die kruike breek en op die horings blaas en skree

En so is die leër van Mediaan en almal het verslaan
En dit met net driehonderd man, maar in Jahweh se man

Ek was maar net ‘n gewone man
Met God hier aan my sy
Maar ek het geleer dat alles kan
As God die eer sal kry

Ja Gideon ‘n gewone man het die les geleer
Oorwinning is verseker met Jahweh in beheer

Curiosidades sobre a música Gideon de Jan de Wet

Quando a música “Gideon” foi lançada por Jan de Wet?
A música Gideon foi lançada em 2007, no álbum “50 Gewildste Treffers”.

Músicas mais populares de Jan de Wet

Outros artistas de