Droom die Onmoontlike Droom

Kom droom die onmoontlike droom
Bly glo teen die storm en wind
Vergeet die mislukking van gister
Bly hoop en vertrou soos 'n kind

Stap aan deur jou donkerste nag
Bly staan, hou aan hoop elke dag
Bly glo aan die krag van jou drome
En droom oor die wonders wat wag

Dis my besluit
Dat ek sal bly glo
Ek stap na die dagbreek
Met lig in my oë
Met hoop, tree vir tree
Sal ek elke dag gaan
En ek weet in die lewe se stryd stap my God met my saam

En o, ek wil leef in die son
In die donkerste nag
Sal my hart net bly vashou aan Hom
Ek sal leef uit Sy krag

En ek weet
As ons aanhou probeer
Aanhou hoop
En bly fokus, en glo
Dan sal ons wel leef as oorwinnaars
En reik na die sterre daarbo

Músicas mais populares de Jan de Wet

Outros artistas de