Die Liefde
Die liefde is die sterkste krag wat daar is
Dit vul ons lewens met sin en betekenis
Die liefde gee veel meer as wat dit vra
Dit bou ‘n brug na die Een wat vir uitkoms vra
Liefde glo alles, hoop alles en spreuk vry
Net liefde sal oorwin en vir ewig bly
Die wat binne dien (Die wat binne dien)
Se hoogste doel het begin (Doel het begin)
Hul nooi die sprankel en sin van die lewe in
Die liefde leer ons om mekaar te waardeer (Te waardeer)
En daar kom vergifnis as daar liefde is
Net die liefde van God sal vir ewig bly
Als wat nie liefde is nie gaan gou verby
Die liefde is die grootste krag wat daar is
Dis sterk en groot ja dis sterker selfs as die dood
Laat ons dan meer liefhê