Bruilofslied
Hemel Vader ons vra
Dat U hierdie twee dra
Deur die jare wat voorlê
Dat U plan sal ontvou
Vul hul harte met krag
Vir die toekoms wat wag
El Shaddai, Jahweh Jireh
U's genoeg vir elke dag
My Beminde is myne
En ek behoort aan Hom
My Beloved is mine
And I am His
Here nou gee ek Jou
My hele hart
Ek hoor Jou vra
En ek sê ja
Neem nou my hand
Here Jesus regeer
As Oorwinnaar en Koning
Vul hul huis met U liefde
Laat hul leef in U lig
As hul voete soms gly
Laat hul nederig bely
En herstel hul tot waarheid
Om in U wil te bly
My Beminde is myne
En ek behoort aan Hom
My Beloved is mine
And I am His
Here nou gee ek Jou
My hele hart
Ek hoor Jou vra
En ek sê ja
Neem nou my hand
God sal ons deurdra
Hy sal ons lei
Hy sprei Sy vlerke
Oor jou en my
En ons bid Heilige Gees
Dat U by hul sal wees
As die Helper en Trooster
Wat in waarheid hul lei
Ja laat hoor tog U stem
Dat hul U wil sal ken
As U roep
As U vra
Laat hul antwoord dan wees ja
As U roep
As U vra
Laat hul antwoord dan wees ja