Bring My Die Ou-Ou Tyding
Bring my die ou, ou tyding
Die tyding van God's heil
Van Jesus' sondaars liefde
Die liefde sonder peil
O bring dit my eenvoudig
Soos vir ‘n kindjie klein
Want ek is swak en nietig
Ja hulpeloos en onrein
Bring my die ou, ou tyding
Bring my die ou, ou tyding
Bring my die ou, ou tyding
Die boodskap van God's heil
Bring my die tyding duidelik
Dat ek dit kan verstaan
Vertel my hoe die Heiland
My van die vloek ontslaan
Bring my die tyding dikwels
Want ek vergeet so gou
Lank voor die middag hitte smelt reeds die more dou
Bring my die ou, ou tyding
Bring my die ou, ou tyding
Bring my die ou, ou tyding
Die boodskap van God's heil
Bring my die ou, ou tyding
Bring my die ou, ou tyding
Bring my die ou, ou tyding
Die boodskap van God's heil
Die boodskap van God's heil