Rigtinglose Mense

Al ons drome is belemmer
Al ons werk is in gevaar
Elke liefde het ‘n letsel
En elke roos ‘n dowe blaar

Sad gesig by ‘n party
Closing time by elke bar
Al sweer ons trou aan ons bemindes
Dwaal ons oë alankal klaar

Ons is rigtinglose mense
Ons drentel deur die land
In ‘n wêreld sonder grense
En geen padkaart in die hand

Ons is almal net besoekers
Praat nie een dieselfde taal
Jy wag deftig in die dag lig
Maar as ons laat nag in die spieël kyk is ons kaal

Dokter, Mevrou en Dominee
Professor en Meneer
Ons dra ons maskers soos medaljes
Pleeg ons CV’s sonder eer

Dis alles blink getinsel
Niemand glo ‘n enkele woord
Ons sweer voor God ons is onskuldig
Maar in ons harte pleeg ons moord

Ons is rigtinglose mense
Ons drentel deur die land
In ‘n wêreld sonder grense
En geen padkaart in die hand

Ons almal net besoekers
Praat nie een dieselfde taal
Jy wag deftig in die dag lig
Maar as ons laat nag in die spieël kyk is ons

Is ons stuiwe in die pad
Soos bergies sonder wyn
Daardie donker om ons heen
En groei die ontkruid deur ons pyn

Niemand hoor die laaste boodskap
Niemand ken die laaste uur
Niemand sien die woorde
Teen die kantelende muur

Ons is rigtinglose mense
Drentel deur die land
In ‘n wêreld sonder grense
En geen padkaart in die hand

Ons almal net besoekers
Praat nie een dieselfde taal
Jy wag deftig in die dag lig
Maar as ons laat nag in die spieël kyk is ons kaal

Músicas mais populares de Jak de Priester

Outros artistas de Afrikaans