Hippie Haai
Toe ek gehoor het jy’s oppad
Was ek êrens op 'n Vrystaat pad
Êrens onder 'n helder ster
Naby aan jou maar nog so ver
Toe ek gehoor het jy’s oppad
Wou my hart soos 'n bom uit my bors uit spat
Wou ek so graag 'n liedjie sing
As ons jou eendag in die wêreld bring
Haai haai haai haai hippie haai
Dis die Here wat geluk in my rigting waai
Dans onder die sterre en swem in die see
Ek wil vir jou die wêreld gee
Haai haai haai haai hippie haai
Sweer jy’s nog mooier as Mosselbaai
En as jy musiek hoor onthou om te dans
Die lewe gee jou net een kans
Haai haai haai haai
Haai haai haai haai
Ek het lankal jou naam gesê
Jy gaan tussen ons in die winter lê
Toe ek gehoor het jy’s oppad
Toe pluk ek 'n lat vir my eie
Gat ek vir jou die wêreld wys
Ek maak solank 'n lys
Toe ek gehoor het jy’s oppad
Was my klavier se note heeltyd nat
'n Mens se trane is net so anders
As jy huil oor jy happy is
Haai haai haai haai hippie haai
Dis die Here wat geluk in my rigting waai
Dans onder die sterre en swem in die see
Ek wil vir jou die wêreld gee
Haai haai haai haai hippie haai
Sweer jy’s nog mooier as Mosselbaai
En as jy musiek hoor onthou om te dans
Die lewe gee jou net een kans
Haai haai haai haai
Haai haai haai haai
Ek het lankal jou naam gesê
Jy gaan tussen ons in die winter lê
Toe ek gehoor het jy’s oppad
Toe het daar 'n ander tipe liefde aan my hart kom vat
'n Ander tipe ster in die nag geskyn
Dit was helder groot maar die res was klein
Toe ek gehoor het jy’s oppad
Was my knieë lam en my oë was nat
En my stem het gebewe toe ek vir jou
'n Gebed in my hande vou
Haai haai haai haai hippie haai
Dis die Here wat geluk in my rigting waai
Dans onder die sterre en swem in die see
Ek wil vir jou die wêreld gee
Haai haai haai haai hippie haai
Sweer jy’s mooier as Mosselbaai
En as jy musiek hoor onthou om te dans
Die lewe gee jou net een kans
Haai haai haai haai
Haai haai haai haai
Haai haai haai haai
Haai haai
Haai haai haai haai
Haai haai haai haai
Ek het lankal jou naam gesê
Jy gaan tussen ons
In die winter lê