Ek Lewe Vir Nou

Ek het al so veel keer jou oë beskryf
In die woorde van 'n song
En ek moes al soveel keer net asem haal
En 'n wag sit voor my mond

Ek het al soveel keer verkeerd besluit
En dan later voel ek spyt
Ek het al soveel keer die pad verloor
En myself daarvoor verwyt

Maar ek lewe vir nou ek lewe vir jou
Ek lewe vir sonskyn en die hemel se blou
Ek lewe vir liefde en ek lewe vir altyd
Vir die kosbare tyd saam met jou

Ek lewe vir hoop ek lewe vir ons
Ek lewe vir liefde wat die wêreld laat gons
Ek leef vir 'n song en ek leef vir 'n soen
Vir alles wat ons saam kan doen

Ek het al soveel keer net bang gevoel
Vir 'n onbekende daad
En ek het al soveel keer jou lyf gesoek
In die middel van die nag

Ek het al soveel keer 'n kaans gehad
Om te sê ek het jou lief
En ek het al soveel keer die kaans verbrou
As jou oë vra asseblief

Ek lewe vir nou ek lewe vir jou
Ek lewe vir son skyn en die hemel se blou
Ek lewe vir liefde en ek lewe vir altyd
Vir die kosbare tyd saam met jou

Ek lewe vir hoop ek lewe vir ons
Ek lewe vir liefde wat die wêreld laat gons
Ek leef vir 'n song en ek leef vir 'n soen
Vir alles wat ons saam kan doen

Ek het al soveel keer myself oortuig
Die lewe gaan verby
En ek het al soveel keer my hart vertrou
Om my iewers heen te lei

Ek het al soveel keer te veel gedink
Oor wat lank terug reeds gebeur het
En ek het al soveel keer die waarheid besef
Dat elke dag aan ons geleen is

Ek lewe vir nou ek lewe vir jou
Ek lewe vir sonskyn en die hemel se blou
Ek lewe vir liefde
Ek lewe vir altyd
Vir die Kosbare tyd saam met jou (Vir die kosbare tyd saam met jou)

Ek lewe vir hoop ek lewe vir ons
Ek lewe vir liefde wat die wêreld laat gons (Liefde wat die wêreld laat gons)
En ek leef vir 'n song ek leef vir 'n soen
Ek leef vir alles wat ons saam kan doen

Ek lewe vir jou
Ek lewe vir jou

Curiosidades sobre a música Ek Lewe Vir Nou de Jak de Priester

Quando a música “Ek Lewe Vir Nou” foi lançada por Jak de Priester?
A música Ek Lewe Vir Nou foi lançada em 2015, no álbum “Ek Reis na Gister”.

Músicas mais populares de Jak de Priester

Outros artistas de Afrikaans