As Is Verbrande Hout
Tussen hier en daar en wie weet waar
Het ek my hart op haar verloor
In die Shakespeare van haar woorde
In ‘n liedjie se arkoorde
Tussen hier en daar en die Brooklyn Mall
Het ek my hart op haar verloor
Êrens in die strate
In die jakaranda strate
So as ek vir haar sing
As ek vir haar skryf
As elke liedjie uit my pen my liefde aan haar bewys
As ek haar stuif vashou
As die wind waai en dis koud
Dalk wys ek die teendeel van as
Is verbrande hout
Tussen hier en daar en sê my waar
Het ek my hart op haar verloor
Êrens op 'n highway
Êrens langs 'n freeway
Tussen hier en daar en Tafelberg
Het ek my hart op haar verloor
Êrens in 'n Riekie
In die woorde van 'n liedjie
So as ek vir haar sing
As ek vir haar skryf
As elke liedjie uit my pen my liefde aan haar bewys
As ek haar stuif vashou
As die wind waai en dis koud
Dalk wys ek die teendeel van as
Is verbrande hout
Tussen hier en daar en sê my waar
Het ek my hart eenvoudig op haar verloor?
In die Shakespeare van haar woorde
Die storms in haar oë het ek my hart eenvoudig
Op haar verloor
As ek vir haar sing
As ek vir haar skryf
As elke liedjie uit my pen my liefde aan haar bewys
As ek haar stuif vashou
As die wind waai en dis koud
Dalk wys ek die teendeel van as
Is verbrande hout
Dalk wys ek die teendeel van as
Is verbrande hout