Laai Jou Tas
Ek besluit om te gaan as jy wou saam kom
Dink dis tyd dat ek weer die lang pad vat
Wie gee om net as jy wil
Sal die plek hier langs my hou
Ek neem aan dis te laat ek moet maar aan gaan
Ek verstaan ook die lewe gee jou soms net een kans
En as ek sê probeer
Kyk hier staan ek voor jou deur
En laai jou tas op, vat die langpad saam met my
Maak nie saak waarheen ons gaan solank ons net ry
En laai jou tas op voor jy koue voete kry
Dis die laaste kans, kom klim in langs my
Jy sal sien die pad is nie so lank nie
En miskien wil jy weet waarheen ons gaan
Ek verstaan, vat net ‘n kans op my
Wil nie hê dat jy moet bly
En laai jou tas op, vat die langpad saam met my
Maak nie saak waarheen ons gaan solank ons net ry
En laai jou tas op voor jy koue voete kry
Dis die laaste kans, kom klim in langs my
Ek besluit Jeffreysbaai en jy moet saam ry
En dis tyd dat jy weet waar ons vanaand gaan bly
En as ek reg onthou het ek gesê ek wag vir jou
En laai jou tas op, vat die langpad saam met my
Maak nie saak waarheen ons gaan solank ons net ry
En laai jou tas op voor jy koue voete kry
Dis die laaste kans, laaste kans kom klim in langs my
Kom klim in langs my
Kom klim in langs my