Vaste Grond

Is daar iets soos vaste grond
Hier waar ons nou staan?
Jou woorde slaan 'n diepe wond
En ek kan nie verstaan

Dit voel vir my soos nou die dag
Toe jy my net wou soen
Nou sien ek hoe hul almal lag
En daar's niks om te versoen

Jy dink my hart's gebreek en dat jy dit beheer
Maar ek het nuus vir jou, iets waaran jy kan herkou

Al is dit seer vir nou (Seer)
En al het ek groot berou
Is my hart nog steeds gesond
Want ek staan op vaste grond

Ja dit is dalk seer vir nou (Seer)
En ek sal dit dalk onthou (Sal dit dalk onthou)
Maar my hart is heel gesond
Want ek staan op vaste grond

Het jy dit al ooit gehoor
Dit waaroor ek praat?
Ek sien dit het 'n gat geboor
In jou trotse blink fasaad

Jy dink my hart's gebreek en dat jy dit beheer
Maar ek het nuus vir jou, iets waaran jy kan herkou

Al is dit seer vir nou (Seer)
En al het ek groot berou
Is my hart nog steeds gesond
Want ek staan op vaste grond

Ja dit is dalk seer vir nou (Seer)
En ek sal dit dalk onthou
Maar my hart is heel gesond
Want ek staan op vaste grond

Ek weet wie ek is
En dat daar een is vir my (Een is vir my)
Jy's die een wat uit mis want iemand anders gaan my kry

Al is dit seer vir nou
En al het ek groot berou
Is my hart nog steeds gesond
Want ek staan op vaste grond

Al is dit seer vir nou (Seer)
En al het ek groot berou
Is my hart nog steeds gesond
Want ek staan op vaste grond

Ja dit is dalk seer vir nou (Seer)
En ek sal dit dalk onthou (Sal dit dalk onthou)
Maar my hart is heel gesond
Want ek staan op vaste grond
Ja ek staan op vaste grond

Músicas mais populares de Heinz Winckler

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)