Spreek Heer

Oë so groot, oë so rein, seuntjie klein
Ek sien uit om vir jou als te leer
Maar ek weet dat ek ook by jou gaan leer
Want jy gaan God se stem kan hoor
So luister as Hy praat, luister mooi

Sê net spreek Heer, ek luister
Sê net spreek Heer, U dienskneg luister
Ek sal U volg selfs as U fluister

Tiener kind, Dawid's hart, soms getaart
Ek wil jou veilig hou, in my hand toe vou
Maar ek weet dat ek jou ook moet laat gaan
Daar waar jy in jou binnekamer staan
So luister as Hy praat, luister mooi

Sê net spreek Heer, ek luister
Sê net spreek Heer, U dienskneg luister
Ek sal U volg selfs as U fluister

Sê net spreek Heer, ek luister
Sê net spreek Heer, U dienskneg luister
Ek sal U volg selfs as U fluister

Oë so groot, oë so rein, seuntjie klein

Músicas mais populares de Heinz Winckler

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)