Ek Soek Jou
Ek vind jou in die stilte van 'n middernag
Ek smag na jou lippe in die helder dag
Ek swem in jou trane op die klokslag
Die lag in jou oë is bitter sag
Waar's jy nou waar my vrou, waar's daai dimpel in jou wang as jy jou oë toe vou
Waar's jy nou ek het klaar berou, waar's jou mooi rooi lippe nou ek weet my hart is blou
Ek soek jou
Ek vind jou in die leemte in my koue smart
Ek bring jou na die kamers van my warm hart
Ek hunker na jou arms om my lyf gebind
Waar ja waar het ek jou gevind
Waar's jy nou waar my vrou waar's daai dimpel in jou wang as jy jou oë toe vou
Waar's jy nou ek het klaar berou waar's jou mooi rooi lippe nou ek weet my hart is blou
Dan's jy hier en dan's jy daar my hart is klaar
Nou by my en dan weer vry jy mors met my

Ek mis jou
Ek mis jou
Ek mis jou
Ek mis jou