Berge Van Die Boland

In die Boland met sy skone dae
Het ons die mooiste liefde ooit kon deel
Maar sonskyn het verdwyn toe ek so ver weg moes gaan
In my hartjie val 'n winter reën

Sien jy die berge van die Boland?
Deining van die see?
Dit bring in my verlange
Dis wat my heimwee gee

Nogsteeds dink ek aan daardie dae
Toe ons van liefde droom
Ek wil terug na die ou Boland
Dit is waar my noointjie woon

Ver in vreemde lande moes ek swerwe
Van gees en hart en liefde wreed geskei
Nou seil ek terug na jare oor die groot oseaan
En ek weet my liefde wag vir my

Ek sien die berge van die Boland
Duining van die see
Dit was my groot verlange wat my eens heimwee gee

En deur al hierdie lange jare
Het jy van my gedroom
Ek's terug in die ou Boland waar my liefste noointjie woon
Ek's terug in die ou Boland waar my liefste noointjie woon

Músicas mais populares de Gene Rockwell

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)