Langpad

Jy was vir my 'n bly plek
Ek wou jou naam sê in die geheim
Ja elke hart het krake en ons maak mekaar so seer

Ek het jou verloor tussen die branders
Ons veg en breek en bou
Nou het alles hier verander maar ek bly dink aan jou
O ek bly dink aan jou

Ek wil jou nooit seer maak
Ek weet jy's nie gemaak daarvoor nie
Maar êrens op die langpad het ek en jy mekaar verloor

Ons breek mekaar in stukke
Nou lê alles hier op die vloer
Op die lang pad het ons mekaar verloor

Daar was bomme in ons woorde
Maar ons wil mekaar nie hoor nie
Dis oorlog hierdie storie en dis ek en jy wat skryf

O jy ken my diepste vrese
Ek ken jou hart se pyn
Soos ons als in stukke breek en soos al die mooi verdwyn
O al die mooi verdwyn

Ek wil jou nooit seer maak
Ek weet jy's nie gemaak daarvoor nie
Maar êrens op die langpad het ek en jy mekaar verloor

Ons breek mekaar in stukke
Nou lê alles hier op die vloer
Op die lang pad het ons mekaar verloor

Ek wil jou vashou maar dit voel of dit te laat is
Jy kyk na my en ek voel ek wil breek
Hoe het ek en jy die langpad so vergeet?

Ek wil jou nooit seer maak
Ek weet jy's nie gemaak daarvoor nie
Maar êrens op die langpad het ek en jy mekaar verloor

Ons breek mekaar in stukke
Nou lê alles hier op die vloer
Op die lang pad het ons mekaar verloor
Op die lang pad het ons mekaar verloor

Músicas mais populares de Elvis Blue

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)