Pennies Op Die Spoor
Al die boompies langs die paadjie ken ek wel
Al die goeters word daar van my vertel
Al die spookstories, dinge
En husse met lang ore
Die perskeboom se takke hang al swaar
Langs die spoorlyn het ek gewaar
'n Kiewiet in die lang gras wat raas
Die winter was te lank
En die pennies op die spoor het ek kleintyd verloor
Maar die rykdom in my hart
Snoesig toegemaak
En die pennies op die spoor het ek kleintyd verloor
Maar die rykdom in my hart
Snoesig toegemaak
Die man hou bakhand wag oor die Karoo
Kleintyd stories wat ek glo
Die pad predikant langs die pad wys
Die huis is nie meer ver
Klippe en randjies afgeëts
Stil films vlits verby
En Jupiter is net 'n speldeprikgaatjie in die hemel
En die pennies op die spoor het ek kleintyd verloor
Maar die rykdom in my hart
Snoesig toegemaak
En die pennies op die spoor het ek kleintyd verloor
Maar die rykdom in my hart
Snoesig toegemaak
Ooh en die pennies op die spoor het ek kleintyd verloor
Maar die rykdom in my hart
Snoesig toegemaak
En die pennies op die spoor het ek kleintyd verloor
Maar die rykdom in my hart
Snoesig toegemaak