Liza se Klavier
Ek het ‘n vriendin
Vêr by die blou see
Teen die hang van Tafelberg
As die son sak
Speel sy die mooiste melodieë
Haar vingers ken die pad
Opgesluit in wit en swart
Die klavier se grootste vreugde
Hartseer en verlange verstaan die hart se diepste smart
Ja, die hele wêreld word stil
Luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier
Ja, die hele wêreld word stil
Luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier
Ek staan op haar balkon
En ek drink haar appelkoostee
Ek kyk na Kaapstad in die nag
En die liggies
En die swart, swart see
Ja, die hele wêreld word stil
Luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier
Ja, die hele wêreld word stil
Luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier
Ja, daaronder op die sypaadjie
Sien ek die bergie en sy maat
Gaan staan en opkyk vêr na bo
Vanuit die vullis
Van Oranjestraat
Hulle ken al lank die klanke
Wat uit haar woonstel stroom
Lank na twaalf met die deure oop
Al moan die bure ook al hoe word Lisa elke boemelaar se droom
Ja, die hele wêreld word stil
Luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier
Ja, die hele wêreld word stil
Luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier