Kouevuur

Die kole
Gloei soos vroer aande
Maar die vuur brand in my kop
En 'n ysige wind skroei my hande
Vas teen die beker met dop

En die ryp is 'n vlam om my voete
Maar die koue brand in my bors
En ek drink en ek dink aan die soeter
Wyn teen die groter dors

Met 'n koue hart tot die môreuur, drink ek met 'n vuur in my kop
En ek voel die koue, ja ek voel die vuur, dit vreet my stuk stuk op

Ja, daar is teveel met die wêreld gefoeter
Daar is teveel met die mense gemors
En ek drink en ek dink aan die soeter
Wyn teen die groter dors

Met 'n koue hart tot die môreuur drink ek met 'n vuur in my kop
En ek voel die koue, ja ek voel die vuur, dit vreet my stuk stuk op

Al die helde na al die geploeter
Lê diep in die aarde se kors
En ek drink en ek dink aan die soeter
Wyn teen die groter dors

Met 'n koue hart tot die môreuur, drink ek met 'n vuur in my kop
En ek voel die koue, ja ek voel die vuur, dit vreet my stuk stuk op

Dit vreet my stuk stuk op

Músicas mais populares de D.Ozi

Outros artistas de