Groenblare
Ou Pieta was ‘n wewenaar
O so diep in die sestig jaar
Sy vrou was skaars drie maande dood
Toe was ou Pieta mos weer innie nood
Want ‘n ou bokke like mos groen blare
Groen blare, groen blare
Die ou bokke like mos groen blare
Sy tanne is mos klaar
O om weer ‘n jong vrou te kry
Dit het ou Pieta rond laat ry
Hy ry ook hier en hy ry ook daar
Om die ou te sien spog was al te naar
Want ‘n ou bokke like mos groen blare
Groen blare, groen blare
Die ou bokke like mos groen blare
Sy tanne is mos klaar
Die dag met die begrafnis van sy vrou
Toe was ou Pieta amper flou
Verdriet was groot sy hart so seer
In die graf wou hy spring hulle moes net keer
Want ‘n ou bokke like mos groen blare
Groen blare, groen blare
Ja ‘n ou bokke like mos groen blare
Hulle tanne is mos klaar
Hy trou toe met ‘n spoggerige ding
Koop haar ‘n pragtige diamant ring
Die ou was die ene vlam en vuur
‘n Rukkie daarna was hy oor die muur
Want ‘n ou bokke like mos groen blare
Groen blare, groen blare
Ja ‘n ou bokke like mos groen blare
Hulle tanne is mos klaar
Want ‘n ou bokke like mos groen blare
Groen blare, groen blare
Ja ‘n ou bokke like mos groen blare
Hulle tanne is mos klaar
Want ‘n ou bokke like mos groen blare
Groen blare, groen blare
Ou bokke like mos groen blare
Hul tanne is mos klaar
Hulle tanne is mos klaar
Hulle tanne is mos klaar