Oorleef

Ons deel die wêreld met barbare
Ons bou 'n tronk net om in te slaap
Ons draai die ander wang al vir jare
Ek en jy het 'n lewe hier gemaak

Ek wil lewe vir my kinders
En alles gee wat ek het
In 'n wêreld vol van wonders
Wil ek red wat ek kan red
Ek wil dit beter maak as gister
In als wat ek kan gee
En aan die einde van 'n lang dag
Dan val ek op my knieë

Want al is ek stukkend, swart gesmeer
In die seer neerval het ek iets geleer
Maar ek probeer keer op keer
Aan die einde van die dag is ek op my knieë
En skyn 'n lig totdat alles verby is
Byt vas totdat alles okay is
Ek sweer ek sou alles gee
As ons net hierdie jaar kan oorleef

Ons kommunikeer in handgebare
Ons sien die lewe deur 'n vensterraam
En ons weet van al die gevare
Ons wil net 'n bietjie langer bestaan

En al is ek stukkend, swart gesmeer
In die seer neerval het ek iets geleer
Maar ek probeer keer op keer
Aan die einde van die dag is ek op my knieë
En skyn 'n lig totdat alles verby is
Byt vas totdat alles okay is
Ek sweer ek sou alles gee
As ons net hierdie jaar kan oorleef

Stukkend, swart gesmeer
In die seer neerval het ek iets geleer
Maar ek probeer keer op keer
Aan die einde van die dag is ek op my knieë
En skyn 'n lig totdat alles verby is
Byt vas totdat alles okay is
Ek sweer ek sou alles gee
As ons net hierdie jaar kan oorleef

As ons net hierdie jaar kan oorleef

As ons net hierdie jaar kan oorleef

Músicas mais populares de Dewald Wasserfall

Outros artistas de Pop rock