Laat
Laat in die aand is my hart gedaan
Jy’t my alweer so onkant gevang
Jou woorde verander in dolke wat sny tot op die been
Ek wil weet
Wat gebeur het
Dat jou liefde
Soveel seer het
Ek weet hierdie stad
Kan jou laat vergeet
Wie jy rêrig is
Maar moet net weet
Het jy dit bedoel toe jy sê jy voel veilig hier by my?
Ek wil weet
Wat gebeur het
Dat jou liefde
Soveel seer het
En waar’s jy nou dat ek alleen is?
En dis so koud hier as ek jou mis
En jy’t nou alles wat ek belowe het
So waar’s jy nou dat ek jou nodig het?