Aktiveer

Kan jy liefde pas
In jou aktetas?
Jou verbeelding was
En jou hart veras

Kan jy onthou
Of jy my onthou?
Kan jy my sien as jy tyd terugdraai?
Kan jy my voel?
Hou my vas

Ek het amper weer probeer om my hart te aktiveer
Dis altyd soveel beter as jy hier is
En dit maak altyd so seer as jy van voor af moet probeer
Dis altyd soveel beter as jy hier is
En ek voel net soveel meer as jy hier is

Kan jy liefde was
Waar daar net haat was?
En jou gewete was
In jou whisky glas?

Kan jy my verbeel
Of is jou hart verdeel?
Kan jy probeer om te funksioneer
Sonder my by jou?
Hou my vas

Ek het amper weer probeer om my hart te aktiveer
Dis altyd soveel beter as jy hier is
En dit maak altyd so seer as jy van voor af moet probeer
Dis altyd soveel beter as jy hier is
En ek voel net soveel meer as jy hier is

Hou my vas
Ek het amper weer probeer om my hart te aktiveer
Dis altyd soveel beter as jy hier is
En dit maak altyd so seer as jy van voor af moet probeer
Dis altyd soveel beter as jy hier is

Ek het amper weer probeer om my hart te aktiveer
Dis altyd soveel beter as jy hier is
En dit maak altyd so seer as jy van voor af moet probeer
Maar dis altyd soveel beter as jy hier is
En ek voel net soveel meer as jy hier is

Músicas mais populares de Dewald Wasserfall

Outros artistas de Pop rock