Nog 'n Hart Velore

Hoe sal ek ooit die seer kan dra
As jy dalk weg moet gaan?
Hoe sal ek ooit alleen kan staan?
Op wie sal ek kan steun?

‘n Storm wind waai deur my (Wind waai so deur my)
Ek dink ek het verdwaal
Is my woorde deurmekaar gewaai?
Maar glo my elke woord is waar

En elke dag gaan nog ‘n hart verlore
Nog 'n droom wat in die nag verdwyn
En soveel ongesegde liefdes woorde
Waar my hart is weet ek daar is jy

Ek’s joune vir altyd
Ek’s joune vir altyd hier in my hart
Bly by my vir altyd
Bly by my vir altyd hier in my hart

Soveel wat ek jou nog wou sê
Sou jy my kon verstaan?
En al is ek somtyds so alleen
Die lewe gaan tog aan

Maar hoe vergeet ek van jou? (Hoe vergeet ek jou?)
Hoe gaan die vuur verby?
Waar ek ook gaan daar is jy
Waar ek vlug bly jy by my

En elke dag gaan nog ‘n hart verlore
Nog 'n droom wat in die nag verdwyn
En soveel ongesegde liefdes woorde
Waar my hart is weet ek daar is jy

Ek's joune vir altyd
Ek's joune vir altyd hier in my hart
Bly by my vir altyd
Bly by my vir altyd hier in my hart

Ek's joune vir altyd en altyd (Bly by my vir altyd)
Ek's joune vir altyd (Bly by my vir altyd)
Bly by my vir altyd hier in my hart
Ek’s joune vir altyd

Músicas mais populares de Dewald Louw

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)