Sproetjies [Live]

Daar's 'n park in my tuisdorp ver weg van die stad se lawaai
Waar die kinders naskool in die middae kom speel en baljaar
En eendag sien ek 'n klein dogtertjie eenkant alleen
Met traantjies wat rol oor haar sproet gesiggie heen

En ek sê, "Sproëtjies, liefling daar's 'n reënboog in jou oë
Wil jy graag 'n groot geheim hoor?
Almal wil graag soos jy wees"

Ek gaan by die skouburg een aand, na 'n opvoering kyk
En daar dans 'n meisie wat net soos 'n fee prinses lyk
Met 'n glimlag so stralend begroet sy die hele gehoor
Ek sien toe dis sproëtjies wat harte so bekoor

En ek sê: "Sproëtjies, liefling
Daar's 'n reënboog in jou oë
Onthou jy nog die parkie
En die trane in jou oë?
Want jy's pragtig, lieflik
En sy druk saggies my hand
En sê: "Ek wens ek kon my deur jou oë sien"

Músicas mais populares de Demi Lee Moore

Outros artistas de Afrikaans