Onbreekbaar

Laat die warrelwinde waai, die winter storms draai
Laat die donker bring wat hy wil
Laat die aarde stukkend, druk die nag ons twee insluk
Laat die hemele om ons val, val

Ons is onbreekbaar
Ons is onbreekbaar

Niks staan ooit sterker, dis net ek en jy
Saam sal ons donker en hartseer baklei
Ons twee bymekaar is onbreekbaar

As die branders aanhou breek, jy's veilig weg gesteek
Jy weet jy hoef nooit te twyfel
As ek êrens sou verdwaal sal jy my daar kom haal
Ek weet dit sal nooit verander, verander

Ons is onbreekbaar
Ons is onbreekbaar

Niks staan ooit sterker, dis net ek en jy
Saam sal ons donker en hartseer baklei
Ons twee bymekaar is onbreekbaar

En al staan die wêreld teen ons soos 'n berg
Saam met jou is alles steeds die moeite werd
Hemel weet dit alles bly die moeite werd
Ons staan ewe sterk

As die skemer teen ons leen en sterre om ons reën
Sal die oggendlig ons op help, op help

Ons is onbreekbaar
Ons is onbreekbaar

Niks staan ooit sterker, dis net ek en jy
Saam sal ons donker en hartseer baklei
Ons twee by mekaar is onbreekbaar
Ons twee by mekaar is onbreekbaar

Músicas mais populares de Corlea

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)