Winter

Dis wind, dis weer, dis water, die son kom nou eers later
Die wind waai koud teen my, ek sal my jas moet kry
Die nagte is nou langer, die venster opgewasem
Dis warm in my kamer, ek het my donskombers

Winter is weer tyd om by die kaggel vuur te sit
Oupa se stories te luister van ou tyd
Winter is weer tyd om by die kaggel vuur te sit
Oupa se stories te luister van ou tyd

Die winter is nou hier, die boomtakke staan kaal
Daar's wit gerypte velde, die wêreld is maar vaal
Daar's wit gesneeude berge, die winter het geen perke
Kapok bedekte lande, gevriesde water walle

Winter tyd is weer om by die kaggel vuur te sit
Oupa se stories te luister van ou tyd
Winter is weer tyd om by die kaggel vuur te sit
Oupa se stories te luister van ou tyd

Wind, weer, water
Son eers later

Músicas mais populares de Carike Keuzenkamp

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)