Vier Seisoene
Daar's vier seisoene in 'n jaar, die mense sê hulle weet dit maar
Die name kan hul nooit onthou, dit gaan ek nou leer vir jou
Winter is die koudste een, dis dan wanneer dit sneeu en reën
Dan trek ons warm klere aan en maak 'n vuur om by te staan
Dan kom lente, mooiste mooi en word die veld in kleur getooi
Bloeisels blom in elke tuin en als word groen en die son wil skyn
Daar's vier seisoene in 'n jaar, die mense sê hulle weet dit maar
Die name kan hul nooit onthou, dit gaan ek nou leer vir jou
Dan's somer hier en kry ons warm, ons sweet en kla maar ons kan darem
See toe gaan of êrens swem, of die lug verkoel en die hitte wen
Die herfs kom dan met al sy kleure, blare val en waai soos vere
Die swaeltjies trek oor see en vlug en kom weer in die lente terug
Daar's vier seisoene in 'n jaar, die mense sê hulle weet dit maar
Die name kan hul nooit onthou, dit gaan ek nou leer vir jou
Daar's vier seisoene in 'n jaar, die mense sê hulle weet dit maar
Sing net hierdie liedjie weer en kyk wat rondom jou gebeur