Ons Eie Orkes

Ek wens ek kon soos Carike speel
Jy kan as jy probeer
Ek wens ek kon al die note leer
Jy kan as jy probeer

Maar waar begin mens om te leer as ons nie eers die kitaar kan speel
Musiek is iets wat jy moet voel, dit sal net uit jou hartjie spoel
Kyk in die huis wat ons kan kry om musiek te maak, kom saam met my
Is almal reg om saam te speel, om saam te speel

Ons eie orkes, Ghoempie speel nou die dromme, skud nou die ryskorrels, skeur die papier
Fluit op die bottels en slaan op die deksels, klits met die klitsers, skeur weer die papier
Klingel die lepels op glase met water, ons eie orkes en ons almal speel saam

Ek kan nie glo dat ons so mooi speel
Ons gaan dit weer probeer
Musiek is oral as ons wil weet
Ons gaan dit weer probeer

Alles om ons het 'n klank, ballone, lepels en 'n pan
Die winde, die bome sing ook saam, die water druppels uit die kraan
Die krieke kriek en die paddas kwaak, die bytjies zoom as hul heuning maak
Is almal reg om saam te speel, om saam te speel

Ons eie orkes, Ghoempie speel nou die dromme, skud nou die ryskorrels, skeur die papier
Fluit op die bottels en slaan op die deksels, klits met die klitsers, skeur weer die papier
Klingel die lepels op glase met water, ons eie orkes en ons almal speel saam

Daar is klanke oral om ons heen, soos die druppels van 'n somer reen
Dis daai klanke wat ons inpireer om musiek te maak

Ons eie orkes, Ghoempie speel nou die dromme, skud nou die ryskorrels, skeur die papier
Fluit op die bottels en slaan op die deksels, klits met die klitsers, skeur weer die papier
Klingel die lepels op glase met water, ons eie orkes en ons almal speel saam

Ons almal speel saam

Músicas mais populares de Carike Keuzenkamp

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)