Noeg En Die Diere

Twee by twee, by twee, stap die diere aan hulle stap na Noag se ark
'n Hen en 'n haan, 'n koei en 'n bul, hulle almal tot die vark

Hoe, hoe, hoe, ha, ha ,ha, ziebie diebie ziebie diebie doo da
Koeloe koeloe, koeloe koeloe kekeleke, tralalala, hi-ho ne ne ne

Oupa uil is voor in die koor want hy kan die beste hoor
Pappa aap kom aan geswaai met mamma aap net om die draai
Die Zebras kom ook aangedraf gestreepte pajamas alte laf
Kameelperd met sy lange nek knak sy bene en sê, hier's ek

Hoe, hoe, hoe, ha, ha ,ha, ziebie diebie ziebie diebie doo da
Koeloe koeloe, koeloe koeloe, kekeleke, tralalala, hi-ho ne ne ne

Koeloe kalkoen skud sy vere reg met pelle rooi mooi opgetooi
Hen en haan stap sy aan sy vir hierdie uitstappie is hulle te bly
Oom olifant die laat ook waai 'n slurp van voor en 'n stertjie wat swaai
Donkie merrie en donkie hings kyk nie regs en kyk nie links

Hoe, hoe, hoe, ha, ha ,ha, ziebie diebie ziebie diebie doo da
Koeloe koeloe, koeloe koeloe, kekeleke, tralalala, hi-ho ne ne ne

Op die stertjie van die ry heel laaste kom die skapies verby
Eers die ooi en dan die ram, ja net die tweetjies sonder 'n lam
So stap al die diere saam elkeen met sy eie naam
Twee by twee van elke soort langs mekaar stap hul aan boord

Hoe, hoe, hoe, ha, ha ,ha, ziebie diebie ziebie diebie doo da
Koeloe koeloe, koeloe koeloe, kekeleke, tralalala, hi-ho ne ne ne

Twee by twee, by twee stap die diere verby, hulle stap in 'n netjiese ry
Twee by twee, by twee stap die diere verby, oupa Noag wil sy ry nou kry

Twee by twee, by twee stap die diere verby, hulle stap in 'n netjiese ry
Twee by twee, by twee stap die diere verby, oupa Noag wil sy ry nou kry

Curiosidades sobre a música Noeg En Die Diere de Carike Keuzenkamp

Quando a música “Noeg En Die Diere” foi lançada por Carike Keuzenkamp?
A música Noeg En Die Diere foi lançada em 2012, no álbum “Carike, Ghoempie & Ghoeghoe Kuier Saam In Bybelland”.

Músicas mais populares de Carike Keuzenkamp

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)